deeltitel [boodskap #137567] |
Thu, 12 August 2021 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deeltitel
Afbreking: deel•titel
Samestelling: deel + titel
Selfstandige naamwoord: deeltitel
Meervoud: deeltitels
Verkleinwoord: deeltiteltjie
Meervoud van verkleining: deeltiteltjies
Betekenis:
• 'n Bewys van gedeelde eienaarskap, of 'n die deel van 'n eiendom wat so besit word.
Gebruik:
• Vergewis u van die reëls en heffings voordat u 'n deeltitel koop.
Antoniem:
• voltitel
Afgelei:
• deeltitelakte
• deeltiteleenheid
• deeltiteleiendom
• deeltitelkompleks
• deeltitelplan
• deeltitelregister
• deeltitelregte
• deeltitelskema
• deeltitelwet
• deeltitelwoonstel
Vertaling:
Engels: sectional title
Nederlands: sectionele titel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|