kontrei [boodskap #137556] |
Thu, 12 August 2021 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontrei
Afbreking: kon•trei
Selfstandige naamwoord: kontrei
Meervoud: kontreie
Verkleinwoord: kontreitjie
Meervoud van verkleining: kontreitjies
Betekenis:
• 'n Streek, gebied of omgewing (gewoonlik op die platteland of waarvandaan iemand kom).
Gebruik:
• Ek het in Warmbad se kontrei grootgeword en daar skoolgegaan.
Sinoniem:
• buurt
• distrik
• gebied
• geweste
• landstreek
• oord
• platteland
• streek
Afgelei:
• kontreiboek
• kontreikoerant
• kontreikuns
• kontreitaal
Vertaling:
Engels: country, part, region
Frans: contrée
Nederlands: contrei
Nota:
• Van middeleeuse Latyn, "contrata", die teenoorliggende gebied/land/stad.
• Die word is ook 'n kognaat van die Engelse "country".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|