Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » poort
poort [boodskap #137549] Wed, 11 August 2021 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Poort.
'n Poort.
poort
Afbreking: poort


Selfstandige naamwoord: poort
Meervoud: poorte
Verkleinwoord: poortjie
Meervoud van verkleining: poortjies

Betekenis:
• 'n Deurgang deur 'n muur wat afgesluit kan word.
• 'n Deurgang tussen berge; kloof of engte.
• Enige ander deurgang, soos die poort na die hemel/hel, rekenaarpoort, logiese poort op 'n stroombaan, ens.

Gebruik:
• Die poortwagter beman die stad se poorte.
• Die treinspoor loop deur die poort.
• Die dood is die poort na die ewige lewe. In watter poort moet ek die geheuestokkie druk?

Sinoniem:
• hek
• deurgang
• toegang

Hiponiem:
• deurgangspoort
• ingangspoort
• kasteelpoort
• patryspoort
• stadspoort
• tempelpoort
• toegangspoort

Afgelei:
• poortdeur
• poortgebou
• poortwagter

Vertaling:
Engels: gate, port, doorway, entrance
Nederlands: poort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: peper
Volgende onderwerp: omsingel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:44:49 UTC 2025