Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snedig
snedig [boodskap #137543] Wo, 11 Augustus 2021 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snedig
Afbreking: sne•dig


Byvoeglike naamwoord: snedig
Vergrotende trap: snediger
Oortreffende trap: snedigste
Attributief: snedige
Partitief: snedigs

Betekenis:
• Wat skerp en kwetsend is (gewoonlik 'n vinnige opmerking wat op die situasie van toepassing is).

Gebruik:
• Haar snedige en ongevoelige antwoord het almal verstom.

Sinoniem:
• afknouerig
• bitsig
• bytend
• katterig
• leedvermakerig
• nydig
• sarkasties
• skerp
• snydend
• venynig
• vermakerig

Afgelei:
• snedigheid

Vertaling:
Engels: quick, smart, witty
Nederlands: snedig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: regstelling
Volgende onderwerp: messelkalk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 12:28:51 MGT 2024