verdra [boodskap #137541] |
Wed, 11 August 2021 07:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdra
Afbreking: ver•dra
Samestelling: ver- + dra
Werkwoord: verdra
Verlede tyd: het verdra
Betekenis:
• Om iets met geduld te aanvaar en daarmee verlief te neem.
Gebruik:
• Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. [Efesiërs 4:2]
Spreekwoord:
• Drank verdra geen onreg nie. ['n Dronk persoon word makliker beledig as 'n nugter persoon.]
Wisselvorm:
• verdraag
Sinoniem:
• deurstaan
• duld
• toelaat
• uithou
• uitstaan
• vat
• verduur
• volhou
• weerstaan
Afgelei:
• verdraagsaam
• verdraaglik
• verdraend
Vertaling:
Engels: to endure, bear, stand, tolerate
Nederlands: verdragen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|