oplui [boodskap #137539] |
Tue, 10 August 2021 12:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oplui
Afbreking: op•lui
Samestelling: op + lui
Werkwoord: lui op, oplui
Verlede tyd: het opgelui
Betekenis:
• Om iemand op te bel.
• Om aankope se pryse bymekaar te tel.
Gebruik:
• Onthou om jou ma op te lui, sy verjaar vandag.
• Terwyl die kassier die inkopies oplui, besef sy haar beursie lê in die kar.
Sinoniem:
• bel
• foon
• opbel
• skakel
• telefoneer
Vertaling:
Engels: to ring, call; to ring up
Nederlands: opbellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|