Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » staatsamptenaar
staatsamptenaar [boodskap #137538] Tue, 10 August 2021 11:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
staatsamptenaar
Afbreking: staats•amp•te•naar
Samestelling: staat + -s- + amptenaar


Selfstandige naamwoord: staatsamptenaar
Meervoud: staatsamptenare
Verkleinwoord: staatsamptenaartjie
Meervoud van verkleining: staatsamptenaartjies

Betekenis:
• 'n Amptenaar wat in diens van die staat is.

Gebruik:
• Dit is 'n growwe veralgemening om te dink dat elke staatsamptenaar onbevoeg, oorbetaald en onproduktief is.

Sinoniem:
• burokraat
• kripvreter (spottend)
• pennelekker (spottend)
• regeringsamptenaar
• staatsbeampte
• staatsdienaar
• staatsdiensamptenaar

Hiponiem:
• administrateur
• kabinetslid
• minister

Vertaling:
Engels: public servant, civil servant
Nederlands: staatsambtenaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanknoop
Volgende onderwerp: oplui
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:06:20 UTC 2025