omgangstaal [boodskap #137536] |
Tue, 10 August 2021 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omgangstaal
Afbreking: om•gangs•taal
Samestelling: omgang + -s- + taal
Selfstandige naamwoord: omgangstaal
Meervoud: omgangstale
Verkleinwoord: omgangstaaltjie
Meervoud van verkleining: omgangstaaltjies
Betekenis:
• Die woorde en manier van praat wat mense daaglikse gebruik as hulle in kontak met mekaar kom.
Gebruik:
• In die suidelike helfte van Namibië is Afrikaans die belangrikste huis- en omgangstaal, en die grootste koerant van die land, Die Republikein, verskyn in Afrikaans.
Sinoniem:
• gebruikstaal
• geselstaal
• gesprektaal
• spreektaal
• volksmond
Afgelei:
• omgangstaalgebruik
• omgangstaalstatus
Vertaling:
Engels: everyday speech, vernacular
Nederlands: omgangstaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|