Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dinamies
dinamies [boodskap #137534] Tue, 10 August 2021 08:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dinamies
Afbreking: di•na•mies


Byvoeglike naamwoord: dinamies
Vergrotende trap: dinamieser, meer dinamies
Oortreffende trap: dinamiesste, mees dinamiese
Attributief: dinamiese

Betekenis:
• Wat veranderend en in beweging is.
• (figuurlik) Vol lewe en krag.

Gebruik:
• Die toestel se werking word dinamies beheer.
• 'n Goeie leier behoort dinamies en inspirerend te wees.

Sinoniem:
• afwisselend
• aktief
• bedrywig
• beweeglik
• energiek
• groeiend
• kragdadig
• lewendig
• lewenskragtig
• lewenslustig
• ontwikkelend
• proaktief
• progressief
• skommelend
• veranderend
• vitaal

Antoniem:
• staties

Afgelei:
• aërodinamies
• termodinamies

Vertaling:
Engels: dynamic
Nederlands: dynamisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuwerwets
Volgende onderwerp: inklusiwiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:55:20 UTC 2025