ondermyn [boodskap #137531] |
Tue, 10 August 2021 07:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondermyn
Afbreking: on•der•myn
Samestelling: onder + myn
Werkwoord: ondermyn
Verlede tyd: het ondermyn
Betekenis:
• Om onder iets in te grawe, meestal figuurlik, om teen iets te werk en dit te verswak.
Gebruik:
• Misbruik van die vlag is 'n kriminele oortreding aangesien dit die mag van die staat ondermyn.
Sinoniem:
• aftakel
• bemoeilik
• dwarsboom
• inhibeer
• inkalwe
• kelder
• ondergrawe
• onderkruip
• rysmier
• saboteer
• skaad
• teenstaan
• teenwerk
• teëwerk
• wegvreet
Afgelei:
• ondermynend
• ondermyner
• ondermyning
Vertaling:
Engels: to undermine, subvert, sap
Nederlands: ondermijnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|