inboesem [boodskap #137528] |
Mon, 09 August 2021 20:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inboesem
Afbreking: in•boe•sem
Werkwoord: boesem in, inboesem
Verlede tyd: het ingeboesem
Betekenis:
• Om 'n gevoel oor te dra; 'n emosie te laat posvat.
Gebruik:
• Boesem dit vrees of vertroue in?
• Sy ouers het dit in hom ingeboesem dat die Afrikaners en Hollanders soos een volk is.
Sinoniem:
• aanblaas
• aanwakker
• inprent
• inskerp
• inspireer
• opwek
• verwek
• wek
Afgelei:
• inboeseming
Vertaling:
Engels: to inspire
Nederlands: inboezemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|