bykom [boodskap #137510] |
Sun, 08 August 2021 09:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bykom
Afbreking: by•kom
Samestelling: by + kom
Werkwoord: bykom
Verlede tyd: het bygekom
Betekenis:
• Om in getal of hoeveelheid toe te neem.
• Om die bewussyn te herwin (ook figuurlik, wakker skrik).
• Om binne bereik te wees (ook figuurlik, aanval).
Gebruik:
• Sedert ons die hoenders getel het, het daar nog 'n paar bygekom.
• Dien voldoende narkose toe sodat die pasiënt nie tydens die operasie bykom nie.
• Gee asseblief die pap aan, ek kan nie bykom nie.
Afgelei;
• bykomend
• bykomstig
Vertaling:
Engels: to add; to regain consciousness, come to; to reach
Nederlands: bijkomen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|