lusteloos [boodskap #137507] |
Sat, 07 August 2021 18:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lusteloos
Afbreking: lus•te•loos
Byvoeglike naamwoord: lusteloos
Vergrotende trap: lusteloser
Oortreffende trap: lusteloosste
Attributief: lustelose
Betekenis:
• Sonder die wil of energie om iets te doen.
Gebruik:
• Die leeu lê lusteloos in die boom se skaduwee.
Sinoniem:
• dooierig
• gevrek
• futloos
• lui
• onaktief
• leweloos
• traag
Antoniem:
• fluks
Afgelei:
• lusteloosheid
Vertaling:
Engels: listless, languid, dull
Nederlands: lusteloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|