smart [boodskap #137506] |
Sat, 07 August 2021 17:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smart
Afbreking: smart
Selfstandige naamwoord: smart
Meervoud: smarte
Betekenis:
• 'n Gevoel van groot hartseer en verdriet; pynlike gemoedstoestand.
Gebruik:
• Want hy het nie gekeer dat ek gebore word nie, my hierdie smart nie gespaar nie. [Job 3:10]
Spreekwoord:
• Elke hart het sy smart. [Elke persoon het sy eie moeilikheid.]]
• Gedeelde smart is halwe smart. ['n Mens se smart is baie ligter as ander help om dit te dra.]
Sinoniem:
• droefenis
• droefheid
• droefnis
• hartepyn
• hartseer
• leed
• lyding
• rou
• seerkry
• verdriet
• wroeging
Antoniem:
• blydskap
• vreugde
Afgelei:
• sielesmart
• smartgeld
• smartkreed
• smartlik
• smartryk
• smartvol
• smartvraat
• wêreldsmart
Vertaling:
Engels: grief, sorrow, sadness, affiiction, pain
Nederlands: smart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|