fatsoenlik [boodskap #137504] |
Sat, 07 August 2021 08:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fatsoenlik
Afbreking: fat•soen•lik
Samestelling: fatsoen + -lik
Byvoeglike naamwoord: fatsoenlik
Vergrotende trap: fatsoenliker
Oortreffende trap: fatsoenlikste
Attributief: fatsoenlike
Partitief: fatsoenliks
Betekenis:
• Wat gepas is, met goeie maniere of soos dit hoort te wees.
Gebruik:
• Werknemers wat met kliënte werk moet fatsoenlik en betaamlik geklee wees, op 'n wyse wat nie aanstoot sal gee nie.
Sinoniem:
• behoorlik
• beskaaf
• beskaafd
• deugsaam
• eerbaar
• gepas
• goedgemanierd
• hoflik
• korrek
• kuis
• manierlik
• menswaardig
• ordentlik
• reg
• skaflik
• wellewend
• welvoeglik
Antoniem:
• onfatsoenlik
Afgelei:
• fatsoenlikheid
Vertaling:
Engels: respectable, decent
Nederlands: fatsoenlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|