Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlas
vlas [boodskap #137501] Fri, 06 August 2021 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vlas
Vlas
Tekstiel van vlas.
Tekstiel van vlas.
vlas
Afbreking: vlas


Selfstandige naamwoord: vlas
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gewas wat verbou word vir linne en lynolie, Linum usitatissimum.
• Die vesels en tekstiele van die vlasplant.

Gebruik:
Vlas is 'n slanke, regop kruidplant met grysgroen stingels en wit of blou blomme.
• Dié wat vlas verwerk, sal nie hulle werk kan doen nie, dié wat die vlas uitkam en weef, sal moed verloor. [Jesaja 19:9]

Sinoniem:
• linneplant

Afgelei:
• bergvlas
• vlasagtig
• vlasakker
• vlasboerdery
• vlasbou
• vlasbreker
• vlasdraad
• vlasfabriek
• vlashandel
• vlashare
• vlaskam
• vlaskleurig
• vlasnywerheid
• vlassaad
• vlasspinnery
• vlasstoppels
• vlasvesel
• vlaswiek

Vertaling:
Engels: flax
Nederlands: vlas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sondermeer
Volgende onderwerp: bespeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:37:29 UTC 2025