petalje [boodskap #137497] |
Fri, 06 August 2021 08:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
petalje
Afbreking: pe•tal•je
Selfstandige naamwoord: petalje
Meervoud: petaljes
Verkleinwoord: petaljetjie
Meervoud van verkleining: petaljetjies
Betekenis:
• 'n Gedoente of groot lawaai.
Gebruik:
• Ons hond het oor die draad gespring en 'n groot petalje in die straat veroorsaak.
Wisselvorm:
• petallie (ongewoon)
Sinoniem:
• affêre
• beroering
• bohaai
• debakel
• gedoente
• geraas
• janboel
• kabaal
• kaskenade
• lawaai
• moeilikheid
• moles
• ophef
• opskudding
• rumoer
• spektakel
Vertaling:
Engels: commotion, fuss, stir
Nederlands: petalje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|