Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stokkie
stokkie [boodskap #137492] Thu, 05 August 2021 14:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Voëltjie op 'n stokkie.
'n Voëltjie op 'n stokkie.
stokkie
Afbreking: stok•kie


Selfstandige naamwoord: stok
Meervoud: stokke
Verkleinwoord: stokkie
Meervoud van verkleining: stokkies

Betekenis:
• 'n Klein of kort stok; stukkie hout.

Gebruik:
• Daar is 'n apie op 'n stokkie voor my ma se agterdeur.

Spreekwoord:
• Steek 'n stokkie daar voor. ['n Einde daaraan maak.]
• Hy sit daar nes 'n aap op 'n stokkie. [Hy lyk verleë en bedremmeld.]
• Alle grappies op 'n stokkie. [In alle erns; sonder om grappies te maak.]

Afgelei:
• eetstokkie
• geheuestokkie
• gloeistokkie
• oorstokkie
• suigstokkie
• stokkielekker
• stokkiesdraai
• tandestokkie
• towerstokkie
• ysstokkie
• wattestokkie
• wierookstokkie

Vertaling:
Engels: small stick
Nederlands: stokje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoolveld
Volgende onderwerp: beswadder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 01:05:35 UTC 2025