Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plakker
plakker [boodskap #137487] Thu, 05 August 2021 12:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Plakkers
Plakkers
plakker
Afbreking: plak•ker
Samestelling: plak + -er


Selfstandige naamwoord: plakker
Meervoud: plakkers
Verkleinwoord: plakkertjie
Meervoud van verkleining: plakkertjies

Betekenis:
• 'n Stukkie papier met 'n kenteken, slagspreuk of pittigheid wat êrens geplak word.
• 'n Persoon sonder permanente verblyf wat êrens plak (op 'n ongewensde plek uitkamp).

Gebruik:
• Die plakker op die motor se buffer lees: "Moenie steel nie. Dit is reeds gesteel!"
• Die plakker bou 'n sinkhuisie reg langs die snelweg.

Sinoniem:
• aanplakbiljet
• plakbiljet

Hiponiem:
• biljetplakker
• bufferplakker
• reklameplakker

Afgelei:
• plakkersdorp
• plakkershut
• plakkerskamp
• plakkery

Vertaling:
Engels: sticker; squatter
Nederlands: plakker; kraker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strottehoof
Volgende onderwerp: drasak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 02:07:19 UTC 2025