kontaminasie [boodskap #137484] |
Wed, 04 August 2021 12:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontaminasie
Afbreking: kon•ta•mi•na•sie
Selfstandige naamwoord: kontaminasie
Meervoud: kontaminasies
Betekenis:
• Besmetting met 'n skadelike agent, die handeling of resultaat van kontamineer.
• (taalkunde) Die vermenging van verskillende woorde en uitdrukkings; taalbesmetting.
Gebruik:
• Die kontaminasie van voedsel moet ten alle koste voorkom word.
• Die woord "skokwekkend" is 'n gruwelike kontaminasie van "skokkend" en "skrikwekkend".
Sinoniem:
• besmetting
• besoedeling
• infeksie
• vervuiling
Afkorting:
• kontam.
Verwant:
• kontaminant
• kontamineer
Vertaling:
Engels: contamination
Nederlands: contaminatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|