heengaan [boodskap #137476] |
Wed, 04 August 2021 08:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heengaan
Afbreking: heen•gaan
Samestelling: heen + gaan
Werkwoord: heengaan, gaan heen
Verlede tyd: het heengegaan
Betekenis:
• Om te vertrek; weg te gaan.
• (eufemisties) Om dood te gaan; te sterf.
Gebruik:
• Gaan dan heen in vrede!
• Sy het sag in haar slaap heengegaan.
Sinoniem:
• afreis
• afsterf
• doodgaan
• omkom
• ontslaap
• sneuwel
• sterf
• weggaan
• vertrek
Antoniem:
• teruggaan
Afgelei:
• heengegane
Vertaling:
Engels: to go away, depart; to pass away, die
Nederlands: heengaan
Selfstandige naamwoord: heengaan
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van doodgaan/ sterf.
Gebruik:
• Sy betreur die heengaan van haar vriendin.
Vertaling:
Engels: death, departure
Nederlands: heengaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|