woonbuurt [boodskap #137475] |
Wed, 04 August 2021 07:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woonbuurt
Afbreking: woon•buurt
Samestelling: woon + buurt
Selfstandige naamwoord: woonbuurt
Meervoud: woonbuurte
Verkleinwoord: woonbuurtjie
Meervoud van verkleining: woonbuurtjies
Betekenis:
• Gebied binne 'n stad of dorp wat vir die huisvesting van mense gesoneer is.
Gebruik:
• Die Bo-Kaap is die oudste woonbuurt in Suid-Afrika.
Sinoniem:
• woonarea
• woongebied
• woonwyk
Afgelei:
• woonbuurtstraat
Vertaling:
Engels: residential suburb
Nederlands: woonbuurt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|