| weerkundige [boodskap #137473] |
Di., 03 Augustus 2021 18:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Weerkundige.
weerkundige
Afbreking: weer•kun•di•ge
Samestelling: weer + -kundige
Selfstandige naamwoord: weerkundige
Meervoud: weerkundiges
Betekenis:
• Iemand wat die weer en klimaat bestudeer. Persoon wat meteorologie as beroep beoefen.
Gebruik:
• Die werk van 'n weerkundige begin met die noukeurige waarneming van temperatuur, lugdruk, lugvogtigheid, neerslag, wolke en windsnelhede.
Sinoniem:
• meteoroloog
• weerprofeet
Vertaling:
Engels: meteorologist
Nederlands: weerkundige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|