Betekenis:
• 'n Skietalbaster of gooiklip in kinderspeletjies.
• (figuurlik) 'n Staatmaker of steunpilaar.
Gebruik:
• As jy iemand anders se albaster met jou ghoen tref, dan wen jy dit.
• Hy was 'n ghoen op die veld, maar dit het hom nie grootkop gemaak nie.
Vertaling:
Engels: shootingmarble, hopscotch stone; reliable person
Nederlands: knikker; steunpilaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.