dorado [boodskap #137440] |
Sat, 31 July 2021 21:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dorado
Afbreking: do•ra•do
Selfstandige naamwoord: dorado
Meervoud: dorado's
Verkleinwoord: dorado'tjie
Meervoud van verkleining: dorado'tjies
Betekenis:
• 'n Paradysagtige land van welvaart of voorspoed.
• 'n Goudkleurige seevis; die dorade of goudmakriel.
Gebruik:
• Dorado is 'n legendariese verlore stad van goud wat volgens gerugte êrens in die onverkende binneland van Suid-Amerika geleë is.
• Die dorado is 'n heerlike eetvis met wit vleis wat min vet bevat.
Sinoniem:
• eldorado
• goudland
• luilekkerland
• paradys
• sprokiesland
Vertaling:
Engels: dorado
Nederlands: dorado
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|