| letsel [boodskap #137436] |
Sa., 31 Julie 2021 18:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Wond (links) en die letsel (regs) wat dit gelaat het.
letsel
Afbreking: let•sel
Selfstandige naamwoord: letsel
Meervoud: letsels
Verkleinwoord: letseltjie
Meervoud van verkleining: letseltjies
Betekenis:
• Die merk of skade wat 'n wond op die vel agterlaat.
Gebruik:
• Sy het sonder 'n skraap of 'n letsel van die ongeluk afgekom.
Sinoniem:
• litteken
• wondmerk
• wondteken
Afgelei:
• deurletseld
Vertaling:
Engels: scar
Nederlands: letsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|