ruimskoots [boodskap #137430] |
Sat, 31 July 2021 11:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ruimskoots
Afbreking: ruim•skoots
Byvoeglike naamwoord: ruimskoots
Attributief: ruimskootse
Betekenis:
• In 'n ruim/groot mate.
Gebruik:
• Hy is ruimskoots vir sy dienste vergoed.
• Sy het ruimskoots tot die fonds bygedra.
Sinoniem:
• mildelik
• oordadig
• oorvloedig
• ruim
• ryklik
• voldoende
Vertaling:
Engels: amply, abundantly
Nederlands: ruimskoots
Nota:
• "Skoot" is die konteks verwys na die tou op 'n seilskip wat losgemaak kan word om die siele te laat skiet.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|