strydros [boodskap #137426] |
Sat, 31 July 2021 07:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
strydros
Afbreking: stryd•ros
Samestelling: stryd + ros
Selfstandige naamwoord: strydros
Meervoud: strydrosse
Verkleinwoord: strydrossie
Meervoud van verkleining: strydrossies
Betekenis:
• 'n Perd wat vir oorlog en riddertoernooie gebruik word, of figuurlik, persoon wat vir 'n saak baklei.
Gebruik:
• Moenie die strydros onderskat nie.
Sinoniem:
• oorlogsperd
• ridderperd
Spelfout:
• stydos (tensy jy dit sarkasties bedoel)
Vertaling:
Engels: warhorse, charger, steed
Nederlands: strijdros
Nota:
• Ros in die konteks is 'n ou woord vir 'n ryperd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|