bouwerk [boodskap #137425] |
Fri, 30 July 2021 19:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bouwerk
Afbreking: bou•werk
Samestelling: bou + werk
Selfstandige naamwoord: bouwerk
Meervoud: bouwerke
Verkleinwoord: bouwerkie
Meervoud van verkleining: bouwerkies
Betekenis:
• Die handeling van bou.
• Die resultaat van bou; 'n konstruksie wat gebou is.
Gebruik:
• Bouwerk aan die Kasteel het in 1665 begin. Die bouwerk vorder fluks.
• Die Voortrekkermonument is 'n indrukwekkende bouwerk en een van Suid-Afrika se mees besoekte besienswaardighede.
Sinoniem:
• bousel
• gebou
• konstruksie
• opbouing
• struktuur
Vertaling:
Engels: building work; building
Nederlands: bouwwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|