horrelvoet [boodskap #137408] |
Thu, 29 July 2021 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
horrelvoet
Afbreking: hor•rel•voet
Samestelling: horrel + voet
Selfstandige naamwoord: horrelvoet
Meervoud: horrelvoete
Verkleinwoord: horrelvoetjie
Meervoud van verkleining: horrelvoetjies
Betekenis:
• 'n Aangebore afwyking in die stand van die voet, of 'n persoon met so 'n voet.
Gebruik:
• Horrelvoet kom meer algemeen by seuntjies as by dogtertjies voor.
Sinoniem:
• horrelpoot
• klompvoet
• steltvoet
Vertaling:
Engels: clubfoot, stump-foot, talipes
Nederlands: horrelvoet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|