inkomste [boodskap #137407] |
Thu, 29 July 2021 19:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inkomste
Afbreking: in•kom•ste
Selfstandige naamwoord: inkomste
Meervoud: inkomstes
Verkleinwoord: inkomstetjie
Meervoud van verkleining: inkomstetjies
Betekenis:
• Die geld wat 'n mens of 'n maatskappy verdien.
Gebruik:
• Al meer mense verdien hulle inkomste sonder 'n permanente werk en sulke inkomste is dikwels wisselvallig.
Sinoniem:
• inkome
• lewensonderhoud
• verdienste
• vergoeding
Antoniem:
• uitgawe
Afgelei:
• bedryfsinkomste
• gesinsinkomste
• inkomstebelasting
• inkomstebron
• inkomstediens
• inkomstegroep
• inkomsteseël
• inkomstestaat
• inkomstevlak
• lae-inkomste
• regeringsinkomste
• staatsinkomste
• volksinkomste
Vertaling:
Engels: income, earnings, revenue
Nederlands: inkomen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|