aanvaarbaar [boodskap #137400] |
Thu, 29 July 2021 10:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanvaarbaar
Afbreking: aan•vaar•baar
Samestelling: aanvaar + -baar
Byvoeglike naamwoord: aanvaarbaar
Vergrotende trap: aanvaarbaarder
Oortreffende trap: aanvaarbaarste
Attributief: aanvaarbare
Partitief: aanvaarbaars
Betekenis:
• Wat aanvaar sal word; aan die minimum standaarde voldoen (al is dit nou nie juis besonders nie).
Gebruik:
• Sulke slordige werk is nie aanvaarbaar nie!
Sinoniem:
• aanneembaar
• aanneemlik
• akseptabel
• berustend
• bevredigend
• gangbaar
• gepas
• middelmatig
• redelik
• skaflik
• toereikend
• toelaatbaar
• verdraaglik
• voldoende
Antoniem:
• onaanvaarbaar
Afgelei:
• aanvaarbaarheid
Vertaling:
Engels: acceptable, plausible, worthy
Nederlands: aanvaardbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|