koorspen [boodskap #137395] |
Thu, 29 July 2021 08:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koorspen
Afbreking: koors•pen
Samestelling: koors + pen
Selfstandige naamwoord: koorspen
Meervoud: koorspenne
Verkleinwoord: koorspennetjie
Meervoud van verkleining: koorspennetjies
Betekenis:
• 'n Termometer (wat soos 'n pen lyk) waarmee iemand se temperatuur (koors) gemeet word.
Gebruik:
• Die suster druk die koorspen in die siek kind se mond.
Sinoniem:
• koorsmeter
• termometer
• warmtemeter
Vertaling:
Engels: medical thermometer, fever pen
Nederlands: koortsthermometer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|