swets [boodskap #137378] |
Tue, 27 July 2021 20:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swets
Afbreking: swets
Werkwoord: swets
Verlede tyd: het geswets
Betekenis:
• Om te vloek; lelik te praat; sterk taal gebruik.
Gebruik:
• Sy stamp haar toon teen die tafel en swets saggies.
Sinoniem:
• knoop
• skel
• vloek
Afgelei:
• swetsend
• swetser
• swetsery
Vertaling:
Engels: to swear, curse
Nederlands: zweren, schelden, vloeken
Selfstandige naamwoord: swets
Meervoud: swetse
Betekenis:
• 'n Vloekwoord.
Gebruik:
• Hy was woedend en het die een swets na die ander gelos.
Sinoniem:
• kragwoord
• skelwoord
• swetswoord
• vloekwoord
Vertaling:
Engels: swear, curse
Nederlands: vloek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|