afskuwelik [boodskap #137373] |
Tue, 27 July 2021 11:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afskuwelik
Afbreking: af•sku•we•lik
Byvoeglike naamwoord: afskuwelik
Vergrotende trap: afskuweliker
Oortreffende trap: afskuwelikste
Attributief: afskuwelike
Partitief: afskuweliks
Betekenis:
• Wat 'n hewige afsku en afkeer by 'n mens wek.
• Baie lelik of erg.
Gebruik:
• Die moord was bloedig en afskuwelik en het selfs die polisie geskok.
• Sy het 'n afskuwelike rok aan.
Sinoniem:
• aaklig
• aanstootlik
• afstootlik
• afgryslik
• angswekkend
• goor
• grusaam
• gruwelik
• lelik
• makaber
• naar
• onsmaaklik
• skrikwekkend
• vreeslik
• verskriklik
• walglik
• weersinwekkend
Antoniem:
• mooi
afgelei:
• afskuwelikheid
Vertaling:
Engels: gruesome, abominable, awful, dreadful, hideous
Nederlands: afschuwelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|