oorlewing [boodskap #137360] |
Mon, 26 July 2021 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorlewing
Afbreking: oor•le•wing
Selfstandige naamwoord: oorlewing
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand om aan te hou lewe; om voortbestaan te verseker.
Gebruik:
• In 'n noodsituasie is water die belangrikste element vir oorlewing. 'n Mens kan 40 dae sonder kos klaarkom, maar net 4 dae sonder water.
Sinoniem:
• behoud
• trotsering
• voortbestaan
Afgelei:
• oorlewingsdoelwitte
• oorlewingsekuriteit
• oorlewingsituasie
• oorlewingsprobleme
• oorlewingstrategie
• oorlewingstryd
• oorlewingsvermoë
• oorlewingsyfer
Vertaling:
Engels: survival, endurance
Nederlands: overleving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|