stoorkamer [boodskap #137354] |
Sun, 25 July 2021 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stoorkamer
Afbreking: stoor•ka•mer
Samestelling: stoor + kamer
Selfstandige naamwoord: stoorkamer
Meervoud: stoorkamers
Verkleinwoord: stoorkamertjie
Meervoud van verkleining: stoorkamertjies
Betekenis:
• Kamer waarin goedere gestoor word.
Gebruik:
• Die stoorkamer se deur is afgebreek en al die voorraad is gesteel.
Sinoniem:
• pakkamer
• pakstoor
• voorraadkamer
Verwant:
• depot
• skuur
• spens
Vertaling:
Engels: storeroom
Nederlands: opslagruimte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|