kapokhaantjie [boodskap #137346] |
Sun, 25 July 2021 08:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kapokhaantjie
Afbreking: ka•pok•haan•tjie
Selfstandige naamwoord: kapokhaantjie
Meervoud: kapokhaantjies
Betekenis:
• 'n Manlike kapokkie; haan van die kapokhoender.
• (figuurlik) 'n Klein mannetjie wat parmantig en veglustig is; twissoeker wat klein van postuur is.
Gebruik:
• Die kapokhaantjie kraai ons soggens wakker.
• Hy is 'n regte kapokhaantjie wat altyd stry en baklei.
Sinoniem:
• krielhaantjie
Antoniem:
• kapokhennetjie
Vertaling:
Engels: bantam-cock; little spitfire
Nederlands: krielhaantje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|