spits [boodskap #137333] |
Sat, 24 July 2021 11:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spits
Afbreking: spits
Selfstandige naamwoord: spits
Meervoud: spitse
Verkleinwoord: spitsie
Meervoud van verkleining: spitsies
Betekenis:
• Die boonste of verste skerp deel van 'n voorwerp; punt; top; piek.
Gebruik:
• Dit is die haan wat op die spits van die kerktoring staan.
Spreekwoord:
• Op die spits dryf. [Tot die uiterste voer.]
• Aan die spits staan. [Die leiding neem.]
Afgelei:
• bergspits
• spitsbaard
• spitsberaad
• spitsboog
• spitsdak
• spitskop
• spitspunt
• spitstyd
• spitsuur
• spitsverkeer
• toringspits
Vertaling:
Engels: peak, point, summit, tip, pinnacle, apex
Nederlands: spits
Byvoeglike naamwoord: spits
Vergrotende trap: spitser
Oortreffende trap: spitsste
Attributief: spits
Betekenis:
• Wat in 'n skerp punt eindig; puntig of spitslopend is.
• (figuurlik) Wat skerpsinnig is; vlymskerp reageer.
Gebruik:
• Die berg is nogal spits.
• Hy het ook altyd 'n spits antwoord gereed.
Afgelei:
• spitsheid
• spitsvondig
Vertaling:
Engels: pointed, sharp
Nederlands: spits
Werkwoord: spits
Verlede tyd: het gespits
Betekenis:
• Laat regop staan, of figuurlik, fyn luister.
Gebruik:
• Die haas spits sy ore.
Spreekwoord:
• Hy spits sy ore. [Hy luister aandagtig.]
Afgelei:
• toespits
Vertaling:
Engels: to focus, listen carefully
Nederlands: spitsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|