konstitusie [boodskap #137319] |
Fri, 23 July 2021 12:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konstitusie
Afbreking: kon•sti•tu•sie
Selfstandige naamwoord: konstitusie
Meervoud: konstitusies
Betekenis:
• Die grondwet van 'n land of organisasie; reglement van vereniging.
• Die liggaamlike gestel.
Gebruik:
• Suid-Afrika se konstitusie is onder alle omstandighede geldend en al die ander wette is daaraan ondergeskik.
• Brooklax is goed vir die konstitusie.
Sinoniem:
• burgerwet
• grondwet
• landswet
• reglement
• gesteldheid
• liggaamsgesteldheid
Verwant:
• konstrueer
• konstitusioneel
Vertaling:
Engels: constitution
Nederlands: constitutie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|