heerskappy [boodskap #137302] |
Wed, 21 July 2021 18:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heerskappy
Afbreking: heer•skap•py
Selfstandige naamwoord: heerskappy
Meervoud: heerskappye
Verkleinwoord: heerskappytjie
Meervoud van verkleining: heerskappytjies
Betekenis:
• Die mag en gesag van 'n regering, monargie of ander moondheid.
Gebruik:
• Toe die Duitse inval in die Sowjetunie misluk, was die lot van die Duitse heerskappy in Wes-Europa ook verseël.
Sinoniem:
• bewind
• dominium
• ryk
Afgelei:
• alleenheerskappy
• opperheerskappy
• volksheerskappy
• wêreldheerskappy
Vertaling:
Engels: dominion, reign, rule, sovereignty
Nederlands: heerschappij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|