gevoelloos [boodskap #137300] |
Wed, 21 July 2021 15:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gevoelloos
Afbreking: ge•voel•loos
Samestelling: gevoel + -loos
Byvoeglike naamwoord: gevoelloos
Vergrotende trap: gevoelloser
Oortreffende trap: gevoelloosste
Attributief: gevoellose
Betekenis:
• Sonder enige fisiese gevoel.
• Sonder empatie.
Gebruik:
• Ek was by die tandarts en die helfte van my mond is steeds gevoelloos.
• Die regter het die moord as gevoelloos en brutaal bestempel.
Sinoniem:
• apaties
• dikvellig
• emosieloos
• genadeloos
• gewetenloos
• hardvogtig
• harteloos
• koelbloedig
• onbarmhartig
• ongenadig
• ongevoelig
• onmenslik
• onsensitief
• onsimpatiek
• sielloos
• wreed
Antoniem:
• gevoelvol
Afgelei:
• gevoelloosheid
Vertaling:
Engels: unfeeling, numb; apathetic, heartless
Nederlands: gevoelloos, harteloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|