behoeftig [boodskap #137281] |
Mon, 19 July 2021 09:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
behoeftig
Afbreking: be•hoef•tig
Byvoeglike naamwoord: behoeftig
Vergrotende trap: behoeftiger
Oortreffende trap: behoeftigste
Attributief: behoeftige
Partitief: behoeftigs
Betekenis:
• Wat arm is en gebrek ly; op hulp aangewese is.
Gebruik:
• Die kerk samel klere in vir behoeftige mense.
Sinoniem:
• arm
• armlastig
• armoedig
• bankrot
• hulpbehoewend
• minderbevoorreg
• noodlydend
• onbevoorreg
• onvermoënd
• sorgbehoewend
• verarm
• verarmd
Antoniem:
• ryk
• vermoënd
• welgesteld
Afgelei:
• behoeftigheid
• behoeftiges
Vertaling:
Engels: needy, poor, destitute
Nederlands: behoeftig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|