| moesie [boodskap #137271] |
So., 18 Julie 2021 10:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vrou met n moesie op haar wang.
moesie
Afbreking: moe•sie
Selfstandige naamwoord: moesie
Meervoud: moesies
Verkleinwoord: moesietjie
Meervoud van verkleining: moesietjies
Betekenis:
• 'n Bruin of swart kolletjie of uitgroeisel op die vel.
Gebruik:
• 'n Moesie kan kwaadaardig word en moet liefs afgebrand of afgevries word.
Sinoniem:
• geboortevlek
• huidvlek
• moedervlek
• muistepel
Vertaling:
Engels: mole, beauty-spot
Nederlands: moedervlek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|