aanmatigend [boodskap #137260] |
Sat, 17 July 2021 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanmatigend
Afbreking: aan•ma•ti•gend
Samestelling: aanmatig + -end
Byvoeglike naamwoord: aanmatigend
Vergrotende trap: aanmatigender
Oortreffende trap: aanmatigendste
Attributief: aanmatigende
Partitief: aanmatigends
Betekenis:
• Wat verwaand is en homself dinge aanmatig; dinge sonder die reg daartoe toe-eien.
Gebruik:
• Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie 'n dronkaard of 'n rusiemaker of 'n soeker na oneerlike wins nie. [Titus 1:7]
Sinoniem:
• arrogant
• astrant
• beterweterig
• hovaardig
• indringerig
• parmantig
• pretensieus
• vermetel
• verwaand
• voorbarig
• vrypostig
Vertaling:
Engels: audacious, arrogant, presumptuous
Nederlands: aanmatigend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|