aanbeweeg [boodskap #137246] |
Do, 15 Julie 2021 09:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanbeweeg
Afbreking: aan•be•weeg
Samestelling: aan + beweeg
Werkwoord: beweeg aan, aanbeweeg
Verlede tyd: het aanbeweeg
Betekenis:
• Om voort te beweeg en nie by iets stil te staan nie (letterlik of figuurlik).
Gebruik:
• Die sirkus het na die volgende dorp aanbeweeg.
• Maak vrede met jou hartseer, op 'n stadium moet 'n mens agterlaat en aanbeweeg.
Sinoniem:
• aanstap
• voortgaan
Vertaling:
Engels: to move on
Nederlands: verder ga
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|