wetteloos [boodskap #137242] |
Wed, 14 July 2021 16:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wetteloos
Afbreking: wet•te•loos
Samestelling: wette + -loos
Byvoeglike naamwoord: wetteloos
Vergrotende trap: wetteloser
Oortreffende trap: wetteloosste
Attributief: wettelose
Betekenis:
• Sonder wet en orde.
Gebruik:
• Sonder wetstoepassing word 'n samelewing vinnig wetteloos.
Sinoniem:
• anargisties
• bandeloos
• chaoties
• krimineel
• nihilisties
• onbeteuel
• onwettig
• wanordelik
Antoniem:
• wetsgehoorsaam
Afgelei:
• wetteloosheid
Vertaling:
Engels: lawless
Nederlands: wetteloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|