onwillekeurig [boodskap #137219] |
Tue, 13 July 2021 08:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onwillekeurig
Afbreking: on•wil•le•keu•rig
Samestelling: on- + willekeurig
Byvoeglike naamwoord: onwillekeurig
Attributief: onwillekeurige
Partitief: onwillekeurigs
Betekenis:
• Sommer vanself, sonder om daarvan bewus te wees of daaroor te dink.
Gebruik:
• Sy skrik so groot dat haar lyf onwillekeurig begin ruk.
Sinoniem:
• refleksief
• instinkmatig
• instinktief
• onbewus
• onbewustelik
• onopsetlik
• outomaties
Antoniem:
• willekeurig
Vertaling:
Engels: involuntary, indeliberate, instinctive, reflexive
Nederlands: onwillekeurig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|