omstander [boodskap #137216] |
Mon, 12 July 2021 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omstander
Afbreking: om•stan•der
Selfstandige naamwoord: omstander
Meervoud: omstanders
Verkleinwoord: omstandertjie
Meervoud van verkleining: omstandertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat teenwoordig is en toekyk (maar dikwels nie betrokke raak nie).
Gebruik:
• 'n Omstander het 'n selfoonvideo van die gebeure geneem en aan die polisie verskaf.
Sinoniem:
• bystander
• getuie
• lanterfanter
• ooggetuie
• toeskouer
• verbyganger
Vertaling:
Engels: bystander, onlooker, witness
Nederlands: omstander
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|