gelling [boodskap #137213] |
Mon, 12 July 2021 17:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gelling
Afbreking: gel•ling
Selfstandige naamwoord: gelling
Meervoud: gellings
Verkleinwoord: gellinkie
Meervoud van verkleining: gellinkies
Betekenis:
• 'n Maateenheid vir volume, ongeveer vier liter.
Gebruik:
• 'n Gelling het deur die geskiedenis na verskillende hoeveelhede verwys, so is 'n empiriese gelling ≈ 4½ liter, 'n V.S. nat gelling ≈ 3,79 liter en 'n V.S. droë gelling ≈ 4,41 liter.
Wisselvorm:
• gallon
Afgelei:
• gellingblik
• gellingkan
• gellingmaat
Afkorting:
• gall.
• gell.
Vertaling:
Engels: gallon
Nederlands: gallon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|